Produkverpakking en produksieprosesse
Will Coetsee van Botanica Natural Products bespreek produkverpakking en produksieprosesse, veral met betrekking tot die tendense en verwagtinge van die Europese mark.
Die oorspronklik doel van verpakking was om die inhoud te beskerm. Daar is egter nou ‘n groot visuele element wat net so belangrik is soos die beskerming van die goedere. Visueel aantreklike verpakkingsontwerp speel ‘n belangrike rol, aangesien dit is wat die verbruiker aanvanklik na die produk toe lok.
In Europa is daar tans vyf neigings wat ‘n groot rol speel in verpakking:
- Volhoubaarheid en omgewings vriendelikheid – herwinbaar en van herwinde materiaal.
- ‘Slim’ verpakking – Byvoorbeeld, ‘n QR-kode op die verpakking wat die verbruiker na ‘n produsent se webwerf neem, met relevante vervaardigings inligting, sertifisering, inligting oor die inhoud, ens.
- Vermindering of verwydering van sekondêre verpakking.
- Die ontwikkeling van e-handel, veral tydens COVID, het gelei tot verskeie nuwe aflewerings metodes wat dan ook die verpakking beïnvloed het.
- Verantwoordelikheid van die handelsmerk eienaar of vervaardiger nadat die produk gekoop is – aanspreeklik vir die produk en verpakking wat die omgewing negatief beïnvloed nadat dit weggegooi is.
In die verlede, het ons gepraat van ‘n “wieg tot graf” lewensiklus van produk en verpakking. Die klem het egter verskuif na ‘n “wieg tot wieg” lewensiklus. Die uiteindelike doelwit is dat die verpakking hergebruik of herwin kan word op ‘n nuwe manier of in ‘n nuwe produk.
In Europa is hierdie oorwegings nou baie belangrik, met sommige daarvan wat deur wetgewing gereguleer word. Produk verpakking moet hierdie punte in ag neem om kompeterend op die internasionale mark te bly.
Luister hier na die onderhoud met Will Coetsee op Radio RSG.
Contact Botanica
Contact us for more information on our plant extracts. Alternatively, click below for more detail on each of our plant extracts for cosmetic and personal care formulations.